Taalgebruik: rolprent of film

charlie-chaplin-392926_1920

Foto: Pixabay

‘n Film is die rolletjie in die kamera. Tonele word op die stel in Langstraat verfilm/geskiet (deurdat dit op film vasgelê word). Gebruik die woord film liefs nie in die betekenis van “rolprent” nie, behalwe as dit deel van die naam van ‘n bekende instelling soos die Filmraad of ‘n bepaalde filmfees is – dit is ‘n sylkeuse.

‘n Rolprent draai of word gewys/vertoon [NIE: ‘n rolprent wys]. Die selfstandige naamwoorde fliek (ook as werkwoord) en bioskoop as sinonieme vir rolprentteater is aanvaarbaar.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

basjan ·

Ag nee, wie op die aarde praat nog van “bioskoop” – só 50’s! Fliek of
filmteater (bietjie hoogdrawend) word mos nou maar deesdae gebruik?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.