Taalgebruik: ronde, rondte

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Ronde is ʼn fase of afdeling in ʼn opeenvolgende reeks, bv. in ʼn kompetisie, samesprekings of in boks. In spansportsoorte waar wedstryde ter sprake is, haal die spelers (of dring hulle deur tot) die kwarteind=, halfeind= en eindstryd.

Rondte slaan op ʼn roete waarop beweeg word en wat weer by die beginpunt eindig, bv. in atletiek, motorsport, gholf en sommige wedvaarte.

ʼn Gholf-toernooi bestaan uit drie rondes wat elk ʼn rondte van agtien putjies behels, en ʼn skinkbord met die volgende ronde drankies word in die rondte gestuur. ʼn Mens draai in die rondte (en eindig waar jy begin het), en die konstabel/dokter het op sy rondte ʼn kwaaddoener betrap.

In die volgende figuurlike uitdrukkings kan ronde of rondte gebruik word: ʼn gerug doen die ronde/rondte en die ronde/ rondte van Vader Cloete doen.

Hierdie brokkie verskyn in Skryf Afrikaans van A tot Z.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

B-Man ·

Ek stem nie saam nie. Die gebruik van “ronde” kan verwarring verskaf. Kyk gerus na die voorbeeld met die drankies wat die rondte (reg) doen… Is dit ronde drankies wat volrond is of in bolvormige kelkies bedien word ?

B-Man ·

Ook: Volgens die verduideliking in die artikel sal koeëls/patrone/ammunisie dan rondes wees en nie rondtes nie?
Hoe verloor die polisie miljoene rondes? Het hulle al die oorgewig en onfikse lede afgedank? Dít sou nou iets wees om te sien!

RS ·

Ek is jare terug geleer deur n uitstekkende afrikaanse juff., dat rondte is n aksie en ronde is n vorm.

deHAS ·

Ek’t gedink dis ronte, ‘my kop’ sit nie ‘n d’ en t’ langs makaar nie.

Benita ·

Kan Prof Gerhardt Van Huyssteen nie help met die probleem nie. Ek sal ook graag wil weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.