Taalgebruik: sies, sjoe

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Die tussenwerpsel sies, of siesa, wat gebruik word om afkeer, selfs walging vir byvoorbeeld stank of onbetaamlike gedrag te kenne te gee, is – anders as die tussenwerpsel sjoe – meer as net ʼn gevoelsvolle klankuitdrukking.

Sies hou moontlik met die Naamwoord sis verband, wat beteken ‘om ʼn wind te laat’. In hierdie betekenis is dit die eerste keer in 1844 deur die taalkundige Antoine Changuion (1803-1881) opgeteken. Sou dié verband inderdaad bestaan, het sies buiten die gevoelswaarde daarvan, ook ʼn bepaalde skatologiese betekenis. Daarteenoor het die tussenwerpsel sjoe, wat gebruik word om opwinding of die reaksie op skielike hitte of koue uit te druk, bloot gevoelswaarde.

Wat omtrent sjoe wel interessant is, is dat dié woord uit twee uiteenlopende bronne in Afrikaans beland het. In Nederlandse dialekte van die sewentiende eeu kom dié tussenwerpsel as “soech” of “soeck” voor, maar dit bestaan ook inheems, in Nama en in van die Santale (as “su” of “tsu”), én in Xhosa, Zoeloe en Suid-Sotho (as “shu”). ʼn Mens sou daarom kon sê sjoe het ʼn universele gevoelswaarde.

Bron: Die tale wat ons praat – taaldinge uit die gewilde radioprogram
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.