Taalgebruik: sleg, swak

Argieffoto (Foto: Pezibear, Pixabay)

Sleg is die teenoorgestelde van goed, en swak die teenoorgestelde van sterk: Iets getuig van goeie/swak smaak, iemand se gesondheid is goed/sleg of sy/haar gedrag is goed/sleg.

Tog word swak al hoe meer as minder sterk teenoorgestelde van goed gebruik: Hy het swak gevaar, wat minder sterk is as: Hy het sleg gevaar. Iemand is sleg daaraan toe [NIE: sleg af] en kom die slegste daarvan af, of hy was die swaks geklede [NIE: swakste geklede] man in die vertrek.

Bronne: Skryf Afrikaans van A tot Z

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.