Taalgebruik: s’n

Argieffoto

“S’n” of “s’ne” (vroeër syn of syne) dui besitting aan in Afrikaans.

‘n “Sin” is een of meer woord(e) wat ’n selfstandige, afgeronde geheel vorm; volsin: Lang, maar helder sinne. • Gebruik liewer korter sinne. • Die boek wemel van swak sinne. • Die laaste sin van die testament is onduidelik. • jou sin voltooi • ’n sin ontleed.

Voorbeeldsinne:
Hierdie is my broer se kamer en daardie is my suster s’n.
’n Rok soos Kate s’n.
Dissipline is ouers se werk en nie onnies s’n nie.

Eienskappe:
Volg ’n selfstandige naamwoord om aan te dui dat dié selfstandige naamwoord die voorheen genoemde voorwerp besit, baie soos Engelse afkappingsteken ’s. S’n word ook gebruik om besitlike voornaamwoorde te maak saam met woorde soos ons (ons s’n), u (u s’n), julle (julle s’n) en hulle (hulle s’n).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Gideon

Kan die persoon wat hierdie plasing gemaak het asb. kyk hoeveel verskillende kommatjies daar by die “’n’s” in die beriggie verskyn. Die korrekte een is in die eerste sin by “s’ne” waar die komma sy eie karakter is en in die voorbeelde onder “eienskappe” (ons s’n, u s’n, julle s’n, hulle s’n). In die eerste die van die tweede paragraaf is die “’n” wat die sin begin totaal verkeerd; die komma moet soos ’n 9 lyk, nie soos ’n 6 nie. Die “’n” soos in die opskrif se “s’n” is ook verkeerd omdat dit een karakter is en nie twee… Lees meer »