Taalgebruik: sondaar, sondebok

Argieffoto (Foto: 3dman_eu/Pixabay)

Taalgebruikers maak soms die fout om na ʼn “sondebok” te verwys wanneer hulle eintlik “sondaar” bedoel.

Die werklike skuldige is die sondaar, en die een op wie die skuld verkeerdelik gepak word en wat dus onskuldig is, is die sondebok.

Sondebok word toenemend gebruik vir “sondaar”, dit wil sê “iemand wat skuldig is”, in plaas van “iemand wat onskuldig die straf moet dra”, bv. Ons sal die sondebok nog kry. Al lyk hy so onskuldig, is hy die sondebok.

sondaar
1 (godsdienstaal) iemand wat die morele kode van sy/haar godsdiens oortree het, of die voorskrifte daarvan nie nagekom het nie: ◊ Dan sal ek oortreders leer wat U van ’n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer (Ps. 51:15 NV).
2 (skertsend) iemand wat iets (verkeerds) gedoen het: Iemand het die blompot gebreek. Ek wonder wie die sondaar is.

sondebok
1 (Ou Testament) bok wat deur die Israeliete op die Groot Versoeningsdag simbolies met die oortredinge van die volk belaai die woestyn ingejaag is.
2 (figuurlik) onskuldige persoon wat vir alles die skuld kry: ’n sondebok van iemand maak • Hy is altyd die sondebok. • die sondebok van die familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.