Jy spaar geld of iemand se lewe, of jy spaar iemand die moeite of vernedering.
Jy kan water en elektrisiteit bespaar [NIE: spaar] en aan uitgawes bespaar of die uitgawes besnoei [NIE: bespaar/sny op uitgawes].
do you have a moment to spare? kan jy ʼn oomblik/tydjie afknyp? het jy tyd oor?
Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Kan iemand net duidelikheid vir ons gee oor die woorde: hy was in n ONGELUK en hulle het VERONGELUK…
My mening is as volg…ONGELUK is net beseer of dalk nie eers rnstig nie
VERONGELUK beteken noodlottig en dood.
Is ek reg.?
Verongeluk beteken die persoon is dood. Ongeluk het gebeur, daar is mense beseer in n ernstige ongeluk of daar is niemand beseer in n ligte ongeluk nie. Dis hoe ons geleer is al die jare.