Taalgebruik: statistiek, statistieke, syfers

Argieffoto (Foto: Ryan McGuire/Pixabay)

Die Afrikaans vir “statistics” is “statistiek” of “statistieke”, wat verskillende betekenisse het.

Die enkelvoud “statistiek” is die wetenskap of metode waarvolgens gegewens, getalle of syfers oor ʼn lang tydperk georden en daarna in “statistieke” (getalle of syfers) uitgedruk word: Die dosent in statistiek het gesê volgens die jongste statistieke styg die temperatuur op aarde.

“Syfer” is ook die teken waarmee ʼn getal aangedui word, soos twee, maar word soms sinoniem met “getal” en “statistieke” gebruik: sterftesyfer, dodetal, studente(ge)talle.

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.