Taalgebruik: Stellenbosch

Argieffoto (Foto: Pezibear, Pixabay)

Die korrekte uitspraak van die letters sch in Afrikaans is “s”.
Stellenbosch, Kirstenbosch, Franschhoek, Boschendal, Rondebosch …

Die name van hierdie plekke word in Afrikaans uitgespreek as “Stel-len-bos”, “Kir-sten-bos”, “Frans-hoek”, “Bos-sen-dal” en “Ron-de-bos”.

Trouens, ook nie net in Afrikaans nie: In Nederlands, waarheen al hierdie en soortgelyke plekname teruggevoer kan word, is die sch-spelling van die s-klank in 1947 reeds amptelik afgeskaf. Woorde soos mensch, vleesch en bosch, wat tevore op -sch geeindig het, word in Nederlands vandag gewoon as mens, vlees en bos geskryf, en ook so uitgespreek, sonder enige aansitterige “sch”-klank aan die einde.

Op die reël dat wat ʼn mens as “s” uitspreek, jy in Nederlands ook as “s” moet spel, is daar net een uitsondering. Dit is Duitse leenwoorde wat op –isch eindig, byvoorbeeld logisch en symbolisch. Maar al word die Duitse spelling van sulke leenwoorde behou, word ook hulle in Nederlands vandag gewoon met ʼn “s” uitgespreek.

Bron: Die tale wat ons praat – taaldinge uit die gewilde radioprogram
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris ·

In Nederland is die plekname ook nie verander nie! Dit is ook vandag nog steeds ‘s Hertogenbosch of Den Bosch. In Vlaandere het hulle wel van die dorpe se name verander toe die spellingswysiging ingevoer is.

Saartjie ·

Ek wonder hoeveel mense sê werklik StelleNbos … die meeste van die tyd is dit StelleMbos,

Geronimo ·

Ek hoor deesdae mense sê ook “Skellembosch”- wonder waar dit ontstaan het.

Koos ·

Kan julle die artikel nie asb aanstuur na RSG en sekere advertensie agentskappe nie? Want die aansitterigheid rondom Franshhoek, Rondebosh en Stellenbosh is erg irriterend. En dalk ook ‘n artikel oor die Hollandse Z in Afrikaans

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.