Taalgebruik: te danke aan, te wyte aan

Argieffoto

Argieffoto

Gebruik te danke aan/danksy waar dit om iets gunstigs gaan.

Die uitdrukkings iets wyt aan en te wyte aan word net in verband met negatiewe gevolge gebruik.

Toe te skryf aan is neutraal.

Die werkwoord toedig het die ongunstige betekenis van om iets ten onregte toe te skryf aan: ʼn onvleiende opmerking word aan ʼn sekere persoon toegedig, maar die ontstaan van die Krugerwildtuin word aan pres. Paul Kruger toegeskryf [NIE: toegedig].

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marius Liebenberg ·

En wat sal ons sê oor konsekwent en konsistent? Omtrent alle mense gebruik dit verkeerd. Dan weer raak ek skoon moedeloos as iemand sê: “Ek is so vervelig” wanneer hulle bedoel “verveeld”.

Vic ·

Party mense is regtig vervelig.
Of sal ek eerder sê sommige mense?

Thea Gerber ·

En wat van die gebruik of verkeerde gebruik van ‘anstig’ en ‘gretig’?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.