Taalgebruik: toewy, uitwei, wy

Argieffoto

Argieffoto

Jy wei [NIE: brei] oor iets uit wanneer jy besonderhede geen van, breedvoerig/nader ingaan op ʼn saak, meer daaroor sê, dit uitvoeriger behandel, dit aanvul, nader ingaan of voortborduur daarop.

Jy wy jou aandag of lewe aan iets, en wy byvoorbeeld ʼn dag aan nasionale simbole.

ʼn Priester word gewy wanneer hy ingeseën word en wy daarna sy hele lewe toe aan die kerk en is dan toegewy(d).

OOK:

inwy Die kerk is presies ʼn jaar ná die hoeksteenlegging plegtig ingewy, en byvoorbeeld ʼn nuwe gebou, kaai, brug of pad word amptelik geopen of feestelik in gebruik geneem. ʼn Standbeeld word onthul.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

suzette bosman ·

Ek dink hierdie is baie leersaam. Veral vir vandag se jong mense. Dis skrikwekkend hoe min van ons kinders kan spel en taalgebruik soos hierdie onderskei. Meer hiervan sal baie goed wees vir alle Afrikaners! Baie dankie. Hoop op meer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.