Woord: tripel
Drie maal/keer, veral gebruik by die aangee van ’n lys syfers, bv. by ’n telefoonnommer: Sy uitbreiding is tripel vyf agt (5558), as jy hom wil skakel.
Woord: trippel
1 vinnig, met kort treetjies/passies (hard)loop; triptrap: trippelende kindervoetjies.
2 vinnig op een plek rondtrap: ongeduldig voor ’n deur staan en trippel totdat iemand kom oopmaak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Interessant! Annelie Botes se boek oor dobbelverslawing heet wel Trippel Sewe (met 2 p’s). Is dit ‘n vorm van woordspeling dat die titel ‘n dubbelsinnige betekenis moet hê, of het die spelreël intussen verander? Wonder maar net.
Therese, ek stem saam met jou – ek dink ook dis ‘n lawwe woord, en juis omdat dit so laf is het Annelie (of eerder haar uitgewer, wie se werk dit eintlik is) dit oorgesien.