Taalgebruik: trouens, inteendeel

Argieffoto

Sommige gebruikers van Afrikaans verwar die twee woorde “trouens” en “inteendeel” en gebruik dan byvoorbeeld “inteendeel” as hulle eintlik “trouens” bedoel.

Inteendeel word gebruik om dit wat direk daarvoor gesê is, volstrek te ontken of die teenoorgestelde daarvan te bevestig, byvoorbeeld: Ek het nie bedoel om jou te kwets nie; inteendeel, ek wou jou komplimenteer! of Hy is glad nie lui nie; inteendeel, hy is baie fluks. Dit was nie ʼn koue winter nie; inteendeel, dit was amper soos somer.

Inteendeel se betekenis is dus daarteenoor, daarenteen, daarenteë, omgekeerd, juis andersom, in teenstelling daarmee

Trouens, aan die ander kant, is ’n bevestigende woord. Dit word gebruik om iets te bekragtig of te versterk, byvoorbeeld: Dit is vroeër, en word trouens vandag nog, beskou as ’n baie waardevolle hout, of Ek gee nie om om alleen te bly nie; trouens, ek geniet dit soms. Hy is ʼn harde werker; trouens, hy is baie fluks. Ek was verveeld; die hele gehoor het trouens gesit en gaap.

Trouens se betekenis is dus om die waarheid te sê

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.