Die pad loop tussen die berge deur [NIE: die pad loop deur die berge]. Die betekenis van ʼn woord word tussen [NIE: in] hakies/aanhalingstekens gegee. Iets sal 10 tot 15 minute duur [EERDER AS: tussen 10 en 15 minute; NIE: tussen 10 tot 15 minute]. Die stok is tussen 2 m en 3 m lank, of daar was tussen 3 miljoen en 4 miljoen mense – herhaal die simbool m of miljoen om verwarring uit te skakel.
Tussen deug nie waar dit gaan om iets wat mense saam of in totaal gedoen het nie: Die twee het altesame/altesaam [NIE: tussen hulle] R1 000 verdien, en hulle drie het al saam byna 90 jaar ervaring (Dit het egter weinig sin om mense se ouderdom bymekaar te tel.)
Die geld is tussen hulle twee verdeel, maar onder/tussen meer as twee mense verdeel. Onder [NIE: tussen] die tien boeke is daar twee digbundels, en jy moet een uit die klomp kies, of tussen twee kies.
Bronne: Skryf Afrikaans van A tot Z
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red