Taalgebruik: Tyd

Argieffoto

Die numeriese aanduiding van tyd van die dag word altyd met minstens vier syfers aangedui in die volgorde uur (twee syfers) en minuut (twee syfers). Dié syfergroepe word deur ʼn dubbelpunt (:) van mekaar geskei.

03:15 vir kwart oor drie die oggend
16:35 vir vyf-en-twintig voor vyf die middag
12:00 vir twaalfuur middag
24:00 vir middernag

Opmerkings:
Deur ʼn 24-uurstelsel (numeriese tydsaanduiding) te gebruik, verval die aanduiding van voormiddag (vm.) of namiddag (nm.). Tydsaanduidings soos 3.15 vm. of 3.35 nm. is verouderd.

Die gebruik van ʼn h in plaas van ʼn dubbelpunt as skeier in numeriese tydsaanduiding (byvoorbeeld *03h15, *16h35) is nie korrek nie.

Niemand is verplig om (in sinsverband) numeriese tydsaanduiding te gebruik nie.

Die volgende aanduidings van datum en tyd (byvoorbeeld in kennisgewings, op agendas, en dergelike) is almal korrek:

… op Maandag 18 September 2017 om 09:00 …
… om 09:00 op Maandag 18 September 2017 …
… 09:00 Maandag 18 September 2017 …
… Maandag 18 September 2017 09:00 …
… 09:00 2017-09-18 …
… om 09:00 op 2017-09-18 …
… 2017-09-18 09:00 …
… op 18 September 2017 om 09:00 …
… om 09:00 op 18 September 2017 …
… 18 September 2017 09:00 …
… 09:00 18 September 2017 …

Gebruikers word aangeraai om die vorm te gebruik wat vir hulle stilisties bevredigend is of wat die konteks die beste pas.

Dié inligting is oorspronklik gepubliseer in die nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (11de omvattend herbewerkte uitgawe)
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
Koop die boek nou by Graffiti Boeke vir slegs R360-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.