Taalgebruik: uitdraai

Argieffoto

Argieffoto

Gebruikers van Afrikaans gebruik soms verkeerdelik die woord “uitdraai” wanneer hulle wil verduidelik hoe ʼn saak verloop het:

it turned out dit het so verloop of gebeur, iets het geblyk
someone turned out iemand het byvoorbeeld ʼn skelm geword, of (hom) ontpop as byvoorbeeld ʼn sanger
things turned out well sake het goed afgeloop/uitgeval/ontwikkel

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

lynette ·

Kan iemand my dalk help met die naam van die taalkundige of taalkenner in die reeks Woordspel wat op Kyknet was? n Nuwe reeks begin binnekort. Hy sit altyd voor n rekenaar en met woordeboeke by hom.

Dr Pieter van der Dussen ·

Sover ek weet is hy iewers ‘n professor in Afrikaans. Maar soos dit die afgelope eeu al gaan, berus sy beslissings op een of een of enkele voorskriftelikhede van ander taalgeleerdes. Arme man. En arme ons wat al die afgelope eeu aan sulke voorskriftelikhede onderwerp word. Ek is 81 en het al die gedoentes van L W Hiemstra en sy US-kollegas en hulle opvolgers ervaar – huistoe, dan weer huis toe, dan weer eie keuse, dan nie trappe van vergelyking vir woorde met drie en meer lettergrepe nie maar liewers die Anglisistiese “meer opvallend” as “opvallender”….. Sal ek voortgaan? Om van die invoer van deftige(!) woorde soos kulminasie in plaas van hoogtepunt nie eers te praat nie. Daarom het ek vroeg in my beroepslewe besluit ek hou maar by my suiwer Afrikaans wat ek tot 1952 geleer het – dankie aan mnr Cor Bekker. En hoewel ek goed en vinnig kan spel, sal ek maar van hierdie spulletjie wegbly.
TERLOOPS: SUIWER AFRIKAANS – MAAR DIE (HOPELIK VORIGE) AANBIEDER VAN DIE PROGRAM PRAAT VAN DOTCOMDOTZA. WAAROM NIE PUNTCOMPUNTZA NIE? EN MOET ASSEBLIEF NIE MET DIE ANTWOORD KOM DAT DIE AMERIKAANSE VORM REEDS ERKENNING BY WAT OP STELLENBOS(!) GEKRY HET NIE.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.