Gebruikers van Afrikaans gebruik soms verkeerdelik die woord “uitdraai” wanneer hulle wil verduidelik hoe ʼn saak verloop het:
it turned out dit het so verloop of gebeur, iets het geblyk
someone turned out iemand het byvoorbeeld ʼn skelm geword, of (hom) ontpop as byvoorbeeld ʼn sanger
things turned out well sake het goed afgeloop/uitgeval/ontwikkel
Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Kan iemand my dalk help met die naam van die taalkundige of taalkenner in die reeks Woordspel wat op Kyknet was? n Nuwe reeks begin binnekort. Hy sit altyd voor n rekenaar en met woordeboeke by hom.
Sover ek weet is hy iewers ‘n professor in Afrikaans. Maar soos dit die afgelope eeu al gaan, berus sy beslissings op een of een of enkele voorskriftelikhede van ander taalgeleerdes. Arme man. En arme ons wat al die afgelope eeu aan sulke voorskriftelikhede onderwerp word. Ek is 81 en het al die gedoentes van L W Hiemstra en sy US-kollegas en hulle opvolgers ervaar – huistoe, dan weer huis toe, dan weer eie keuse, dan nie trappe van vergelyking vir woorde met drie en meer lettergrepe nie maar liewers die Anglisistiese “meer opvallend” as “opvallender”….. Sal ek voortgaan? Om… Lees meer »