Die werkwoord uitspel het net een, letterlike betekenis: die letters van ʼn woord in volgorde noem: Laerskoolkinders spel woorde hardop (uit) of spel dit letter vir letter.
In figuurlike sin sal jy iets bekend maak, besonderhede verstrek, duidelik formuleer/omlyn/stel, omstandig meedeel, uiteensit, uitstippel [NIE: uitstip], verduidelik, verklaar, vertel, voorhou, aan die hand doen of sê wat iets is/behels [NIE: uitspel]
Korrigeer asseblief: “die letters vnan [sic] ‘n woord in volgorde noem”.
BAIE dankie vir die plasing, voorwaar lekker om elke dag iets nuuts te leer. :)
Nog ‘n korreksie: “vertel, voorho [sic], aan die hand doen […]”
Korrigeer asseblief die volgende twee gevalle:
“die letters vnan [sic] ‘n woord in volgorde noem”
“vertel, voorho [sic], aan die […]”
Dagsê Andrew
Dankie vir jou valkoog! Die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media