Taalgebruik: uitvind of ontdek?

Argieffoto

Argieffoto

Ontdek en uitvind word dikwels verwar. Ontdek dui op iets vind wat daar was, maar wat nie bekend was of waargeneem is nie. Uitvind dui op iets nuuts vind: Columbus ontdek dus Amerika, maar ʼn mens vind ʼn nuwe chemiese middel uit.

ontdek: te wete kom dat iets bestaan (goud is ontdek)
1 iets vind wat nog altyd daar was, maar waarvan niemand voorheen geweet het nie; te wete kom dat iets bestaan of so is: ʼn nuwe eiland/plantsoort/diersoort ontdek
2 kry/vind wat verborge is: ʼn fout ontdek

uitvind: vir die eerste keer vind hoe om te maak (televisie is uitgevind)
1 vir die eerste keer vasstel hoe iets nuuts gemaak/gebou/ens. kan word; uitdink: ʼn dodelike nuwe wapen uitvind
2 te wete kom, vasstel: Ek kon nie uitvind wat hy bedoel het nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Skatymir ·

Baie dankie vir dit ek hou daarvan, hou aan met die goeie werk; ons moet altyd die kwaliteit van ons taal probeer verbeter. Net een koreksie, Leif Erickson het Amerika lank voor Columbus ontdek. Ek hoop nie hulle leer die kinders nog steeds die Columbus storie nie. Ai wat sal die mense nog glo.
https://en.wikipedia.org/wiki/Leif_Erikson

Frans ·

Skatymir

Die werklike ontdekkers was natuurlik die mense wat die landbrug gebruik het om sodoende te versprei oor die Amerikas en dit bevolk het wat die ware ontdekkers is lank voor Leif Erikson.

Adriaan ·

Baie insiggewend. Sou ek dus kon redeneer: Hulle het ONTDEK daar is ‘n edelmetaall ( want dit was nie vroeër bekend nie) en toe UITGEVIND dis goud ( want dit was altyd daar)? Baie interessante begrippe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.