Taalgebruik: vasberade, vasbeslote

(Grafika; mohamed_hassan/Pixabay)

Vasberade slaan op ʼn karaktereienskap, soos in ʼn vasberade leier
Jy is (in jou gemoed) vasbeslote om jou plan uit te voer (hoewel jy nie noodwendig ʼn vasberade mens is nie)

vasberade wat nie maklik van sy/haar standpunt afwyk nie; met vaste wil; standvastig: vasberade wees om ʼn saak deur te voer; vasberade stakers

vasbeslote wat nie maklik van sy/haar standpunt af te bring is nie; gedetermineerd: Hy is vasbeslote om te bedank

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.