Taalgebruik: Vergelykings

Argieffoto (Foto: Pezibear, Pixabay)

Vergelykings word baie algemeen in spreektaal gebruik. Baie vergelykings is ingeburgerde vergelykings wat almal gebruik, terwyl ander sommer geskep word tydens gesprekke.

so bang soos ʼn bok vir ʼn skoot hael – baie bang
soos ʼn bul in ʼn glashuis – ontuis wees
so dapper soos ʼn leeu – baie dapper
soos deeg in iemand se hande – beïnvloed- en manipuleerbaar deur ʼn persoon
so dig soos ʼn pot – stilbly oor ʼn geheim
so dood soos ʼn mossie – morsdood
so doof soos ʼn kwartel – stokdoof
so droog soos biltong – baie droog
so duidelik soos daglig – niks is verbloem nie
so geduldig soos Job – baie geduldig
geld soos bossies – baie geld
so gereeld soos klokslag – baie gereeld
kerm soos ʼn kar oor ʼn derm – oor niks nie neul
so koel soos ʼn komkommer – baie koel
na mekaar lyk soos twee druppels water – identies wees
so onskuldig soos ʼn pasgebore baba – moreel sonder ʼn klad
so oud soos die berge – baie oud
so plat soos ʼn pannekoek – heeltemal plat
sing soos ʼn kat – vals sing
sink soos ʼn klip – vinnig sink of sak
so skaars soos hoendertande – ironies gestel: byna onbekombaar, maar in werklikheid natuurlik onbekombaar
so sterk soos ʼn bees – baie sterk
so stil soos ʼn muis – tjoepstil
so swak soos ʼn lammetjie – baie swak
so uit soos ʼn kers – bewusteloos, katswink
vloek soos ʼn matroos – baie vloek
so welkom soos ʼn kat in die melkkamer – baie onwelkom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.