Taalgebruik: verreweg

Argieffoto (Foto: 3dman_eu/Pixabay)

Afrikaanssprekendes vertaal soms (verkeerdelik) die Engelse idiomatiese uitdrukking “by far” met “by verre”. Taalgebruikers van Afrikaans sal dus soms sê iets is “by verre die beste”. Dit is egter anglisisties.

Die korrekte vertaling vir “by far” is “verreweg” of “op verre na nie”: Verreweg [NIE: by verre] die meeste lede (die oorgrote meerderheid van die lede) het ten gunste van die voorstel gestem; hy is op verre na nie die gelyke van sy voorganger nie of verreweg nie so ongewild soos sy voorganger nie.

ver·re·weg bw.

in hoë mate; so dat al die ander daarby ver agter bly; vir ’n groot deel; ongetwyfeld; onteenseglik: Dit is verreweg die beste prestasie wat die atleet al gelewer het. • verreweg die belangrikste boek wat vanjaar verskyn het • hy is verreweg die knapste in die klas.

Bronne: HAT Taalgids en Skryf Afrikaans van A tot Z

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stof ·

Maroela se taalbrokkies is verreweg die mees gewaardeerde bron van taalskatte. Julle bemagtig ons woordsmokkelaars om nuwe hoogtes te bereik..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.