Taalgebruik: Versamelname

Argieffoto (Foto: PollyDot/Pixabay)

Versamelname is selfstandige naamwoorde wat ʼn versameling van dinge van dieselfde soort aandui. Dit kan ook benamings vir ʼn aantal gelyksoortige begrippe wees, soos antibiotika as ʼn versamelnaam vir ʼn groep geneesmiddels.

  • ʼn trop ape
  • ʼn span atlete
  • ʼn kudde (trop) beeste
  • ʼn baksel beskuit
  • ʼn bos (ruiker) blomme
  • ʼn biblioteek (versameling) boeke
  • ʼn trop bokke
  • ʼn plantasie bome
  • ʼn baksel brood
  • ʼn swerm bye
  • ʼn paneel dokters
  • ʼn skool dolfyne
  • ʼn span donkies
  • ʼn tros druiwe
  • ʼn bundel gedigte
  • ʼn werpsel hondjies
  • ʼn werpsel katjies
  • ʼn baksel koekies
  • ʼn string krale
  • ʼn bundel liedere
  • ʼn skare mense
  • ʼn kolonie miere
  • ʼn bende misdadigers
  • ʼn stoet motors
  • ʼn trop olifante
  • ʼn span osse
  • ʼn string (snoer) pêrels
  • ʼn bende rowers
  • ʼn versameling seëls
  • ʼn trop (kudde) skape
  • ʼn vloot skepe
  • ʼn salvo skote
  • ʼn span (groep) spelers
  • ʼn keer van stemme
  • ʼn geselskap toneelspelers
  • ʼn werpsel varkies
  • ʼn skool visse
  • ʼn eskadron vliegtuie
  • ʼn swerm voëls
  • ʼn boord vrugtebome
  • ʼn bondel wasgoed

Bron: Afrikaans vir almal

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.