Taalgebruik: verskoning vra

Argieffoto. (Foto: Ben White/Unsplash)

ʼn Mens kan in Afrikaans verskoning vra of om verskoning vra vir iets. Daar bestaan nie ʼn woord soos *omverskoning of *onverskoning nie, en dus ook nie uitdrukkings soos *omverskoning vra of *onverskoning vra of *on verskoning vra nie.

Betekenis
1 rede wat jy gee om verkeerde gedrag of nalatigheid te verduidelik; verontskuldiging; ekskuus: Wat is jou verskoning? Hoekom is jy laat? • allerlei verskonings maak/aanbied vir jou foute • Ek aanvaar jou verskoning. | (om) verskoning vra sê dat jy jammer is oor iets wat jy gesê/gedoen het: om verskoning vra vir jou onnadenkendheid.
2 verdediging; regverdiging: As verskoning vir my optrede kan ek die volgende aanbied.
3 (verouderd, weinig gebruiklik) skoon klere of linnegoed: ’n verskoning saamneem vir die naweekkuier.

Bron: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT, 6de uitgawe) en HAT Taalgids

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.