Taalgebruik: vervelig of verveeld?

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Die werk is vervelig (eentonig), daarom raak ʼn mens gou verveeld.

verveeld wat verveling voel; sonder enige belangstelling: verveeld in die hoek sit; verveeld deur die strate dwaal; ʼn ʼn verveelde lewe lei

vervelig geneig om te verveel; vervelend; langdradig; vermoeiend: ʼn storie vervelig vertel; die lewe op ʼn plaas vervelig vind; ʼn vervelige vent

verveling ergerlike/onaangename gevoel wat ʼn mens kry wanneer jy niks het om jou mee besig te hou nie of ʼn onbevredigde drang na iets nuuts ondervind: die verveling van steeds eenderse, eentonige roetinewerk; dodelike verveling; van verveling kan sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Penellope Jones ·

Ek is “verveeld” vanaand, seker as gevolg van die “vervelige” programme……..

Ina Visagie ·

‘n Situasie is vervelig en ‘n mens is verveeld wanneer jy niks het om te doen nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.