Taalgebruik: voëlvry

Argieffoto (Foto: pascalmwiemers/Pixabay)

Voëlvry word soms verkeerdelik verklaar as vry. Dit beteken eintlik die teenoorgestelde: ʼn Voëlvryverklaarde persoon geniet nie meer die beskerming van die reg nie, mag nie bystand soos kos kry nie en kan deur enigiemand vervolg word.

Woord:
voëlvry

Betekenis:
buite die beskerming van die wet; blootgestel aan vervolging deur enigeen/almal: Die voëlvry verklaarde verraaier het die land verlaat.

Waar kom dit vandaan?
Waarskynlik van die betekenis dat ʼn wilde voël deur enigiemand geskiet kan word.
Uit Nederlands vogelvrij (1697). Vogelvrij ontstaan in verwysing daarna dat enigeen mag jag maak op ‘n persoon wat so vry soos ‘n voël verklaar is. Andersins kan dit ook daarna verwys dat ‘n persoon wat voëlvry is nie ‘n reg op ‘n begrafnis het nie en dus aan die voëls oorgelaat word om sy beendere skoon te pik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.