Taalgebruik: Voertuigsoorte

Argieffoto (Sammy-Williams/Pixabay)

Die onderskeie voertuigsoorte word soos volg in Afrikaans vertaal:

  • “articulated vehicle”: gelede voertuig of haak-en-sleper
  • “cabriolet”: cabriolet, ʼn oop tweedeurmotor met afslaankap en meestal vier sitplekke
  • “convertible”: ʼn Amerikaanse term vir ʼn cabriolet
  • “coupé”: koepee of toe motor met meestal twee deure en vier sitplekke. As agterste sitplekke ontbreek, staan dit in Italiaans bekend as ʼn gran turismo
  • “estate”: party stasiewaens
  • “hatchback”: luikrug
  • “limousine”: limousine, ʼn verlengde sedanmotor
  • “lorry”: vragmotor, lorrie [NIE: trok], soms vragwa
  • “mechanical horse”: voorhaker
  • “notchback”: sedan
  • “pick-up”: bakkie
  • “roadster”: ʼn oop motor met twee sitplekke en ʼn afslaankap
  • “sedan/saloon”: sedan/gesinsmotor, ʼn toe motor met vier deure
  • “sports utility vehicle (SUV)”: sportnutsvoertuig (SNV), verwys gewoonlik na leefstylvoertuie met ʼn soort stasiewa-voorkoms, het ook volle of beperkte 4 x 4-vermoëns soos ʼn Toyota RAV 4 en BMW X5
  • “spider/spyder” (die naam hang af van die vervaardiger): tweesitplekmotor
  • “trailer”: sleepwa(entjie)

Bronne: Skryf Afrikaans van A tot Z

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lorinda ·

Daar is so baie mense wat praat van ‘n trok met verwysing na ‘n vragmotor. Soos my Ma sal sê: ‘n Trok is ‘n ding wat deur ‘n trein getrek word!

Johann ·

Daardie definisies is nie heeltemal korrek nie:
– Roadster, spyder en spider is dieselfde ding (‘n oop voertuig met twee sitplekke en ‘n klem op sportiewe voorkoms/karakter).
– ‘n “Gran turismo” (of sommer net grand tourer in Engels) is ontwerp vir lang ritte teen ‘n hoë spoed, en het nie noodwendig net twee sitplekke nie. Verskeie GTs (soos die ouer generasiesToyota Supras) is 2+2.

Dis wat daardie terme eintlik beteken. Maar dit is natuurlik wel so dat sommige vervaardigers die terme verkeerd gebruik (soos die 4 sitplek Tesla “Roadster”, en BMW se 4 deur “koepees”).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.