Taalgebruik: voormalige x vorige

Argieffoto Foto: fistfuloftalent.com

Voormalige (of gewese) word gebruik wanneer dit nie om ʼn bepaalde tyd gaan nie (voormalige minister of gewese vrou), terwyl vorige slaan op die direk voorafgaande.

voormalig
vroeër; vorig: die voormalige president ’n voormalige burgemeester van ’n stad

vorige
vroeër; voorafgaande: die vorige week/vergadering/keer • Ek wil graag terugkom na die vorige punt. • By ’n vorige geleentheid het jy die saak anders gestel; • Haar vorige werk was glo bra vervelig.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek:Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.