Taalgebruik: waardeer, waardeur

Argieffoto

Moenie dié twee woorde met mekaar verwar nie.
Ek waardeer jou moeite.
Die deur waardeur ek moet loop, is gesluit.

waardeer ww. [het (ge)-]
1 die waarde bepaal; takseer: ’n eiendom te hoog waardeer.
2 op prys stel; ten volle geniet/begryp: ’n gedig wat almal kan waardeer.
3 dankbaar wees vir: iemand se goedheid waardeer • Ek waardeer jou hulp/meegevoel/teenwoordigheid. • Ons moes hom meer (ge)waardeer het toe hy nog gelewe het.

Uitdrukking:
Waardeer die gebruike en gewoontes wat van jou voorouers af kom. Dis nie die boom wat in een jaar uitgroei waarvan jy sterk hout kan saag nie.
-Herkoms: CJ Langenhoven.

waardeur vnw. Ook waar deur
deur watter ding; op watter wyse: die gat waardeur die jakkals gekruip het • Waardeur het hy jou agting verwerf?

Bron: HAT

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.