Taalreël: kan of mag?

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
kan/mag

Het jy geweet?
Daar word dikwels gewaarsku teen die gebruik van mag in plaas van kan as sou mag ‘n oorname van Engels may wees; daar is ook verskil oor die gebruik van kan in plaas van mag as toestemming gevra of gegee word. Uit ‘n wye optekening van die taalgebruik van standaardtaalsprekers van Afrikaans wil dit voorkom asof kan en mag in ‘n hoë mate deurmekaar loop en voorskrifte moeilik te gee is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

johan Viljoen ·

Wil u asb ook die verkeerdelike gebruik van die woord “huidiglik”, wat nie in die afrikaanse taal bestaan nie, bespreek.

Hannelie ·

Johan Viljoen!!!!!!!! Ek dag al die tyd ek voer ‘n alleenstryd teen die gebruik van “huidiglik”! Baie dankie daarvoor!

Daar is ook die verkeerde gebruik van “dagvaardiging” i.p.v. “dagvaarding”! Self omroepers en aanbieders op die radio en tv, skrywers van tv reekse, maak hulle skuldig hieraan! Stel jou die volgende toneel voor: ‘n Akteur wat die rol van ‘n prokureur speel, gebruik die woord “dagvaardiging”! Red nou ‘n volk!!!!

jakoos ·

Jammer, taalkenner, maar die taalpuriste verskil van jou oor kan en mag. Ek het gehoor dat Die Burger se taalkundige doer in die ou dae, dink dit was ene JJJ Scholtz (beter bekend as “triple jay), jong verslaggewers met ‘n goeie drag slae gedreig het as hulle kan en mag verkeerd gebruik.

Die reel is eenvoudig: Jy MAG iets doen as jy toegelaat word of toestemming of selfs die reg het om dit te doen.

Jy KAN iets doen as jy in staat is om dit te doen.

Voorbeeld: jy KAN (nogal dikwels) ‘n motor bestuur as jy dronk is, maar jy MAG nie!

jakoos ·

Ek moes bygevoeg het dat die probleem en die misbruik gewoonlik kom wanneer mag en kan op verkeerde plekke ingespan word – en dit kom nogal dikwels in gewone taal voor.

Bv. Die swaar reen kan vloede veroorsaak. Dit is totaal verkeerd en slordige taal om “mag” hier te gebruik.

Dit gebeur soms dat kan gebruik word waar mag eintlik gebruik moes gewees het. Bv. iemand vra:”Kan ek hier rook?” Die antwoord sal dan ook wees: ” Ja, jy kan maar”. In die soort geval gaan die kan gewoonlik met ‘n “maar” gepaard wat toestemming aandui. Eintlik sou “mag” die korrekte woordgebruik gewees het, maar dit is in die opsig dat sommige taalkenners dalk dink die gebruik het verstrengel geraak.

Ek dink dit is die Engelse se gebruik van “may” waar hulle eintlik “could have” of so iets moes gebruik het, wat in Afrikaanse verkeerde gebruik meegebring het. bv. hulle het beslis ‘n tweeledige gebruik van “may.” Dis gebruik om bv. te se^ “It may rain today”. In Afrikaans sal dit egter verkeerd wees om dit na te volg met “dit mag vandag reen.” Reen het nie toestemming nodig nie!

Oscar Wildebeest ·

Jakoos is doodreg: “kan” is ‘n fisiese moontlikheid, en “mag” is toestemming vra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.