Taalreël: noodgeval, noodtoestand, noodlanding

Argieffoto

Argieffoto

in case of an emergency in ‘n noodgeval, in geval van nood, desnoods
an emergency landing ‘n noodlanding (doen)
an emergency meeting ‘n spoedvergadering [NIE: noodvergadering]
emergency relief noodleniging [NIE: hulpleniging]
first aid noodhulp [NIE: eerstehulp] (verleen of toegepas)
a state of emergency ‘n noodtoestand (afkondig, uitroep, of ophef); die noodtoestand word amptelik afgekondig, en ‘n land verkeer in ‘n noodtoestand
emergency workers reddingswerkers, lede van die nooddiens

Bystand slaan op hulp of ondersteuning.
be on standby in gereedheid [EERDER AS: op bystand, wat “hulpverlening” beteken] wees
contingency/emergency plan gebeurlikheidsplan, noodplan [NIE: bystandsplan]

OOK:
Die polisie is gereed, staan gereed, is gereed/reg om te help, hou hulle gereed, word in gereedheid gebring, is in gereedheid, is ter beskikking of is in reserwe [EERDER AS: is op ‘n gereedheidsgrondslag gebring, of is op bystand]

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R350-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.