Taalreël: Verniel, vernietig, verwoes

Verwoesting in Oklahoma, Amerika ná 'n tornado die gebied op 20 Mei 2013 getref het.

Verwoesting in Oklahoma, Amerika ná ‘n tornado die gebied op 20 Mei 2013 getref het.

Verniel slaan op iets wat beskadig word, maar nie ernstig beskadig of vernietig word nie: Die gruispad verniel jou skoene.

Die brand het alles vernietig (as daar niks oorgebly het nie).

Verwoes moet liefs net gebruik word wanneer dit om baie groot en omvangryke skade of ‘n uitgestrekte gebied soos ‘n land of ‘n stad gaan, en ook om iets abstraks soos ‘n lewe.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R350-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.