Taaltoffie: huidiglik

Argieffoto (Foto: 3dman_eu/Pixabay)

Hierdie doring in menige se vlees is skynbaar ’n kanniedood. Sy ontstaan kan waarskynlik in verband gebring word met die Engelse woord “presently”, wat in elk geval in die betekenis van “nou, op die oomblik, tans” bedenklik is en deur talle noukeurige Engels­gebruikers in daardie betekenis vermy word.

Iemand wou toe waarskynlik ’n soortgelyke Afrikaanse bywoord gebruik en het toe met *huidiglik vorendag gekom deur die agter­voegsel =lik aan huidig te lap. Die ironie is dat Afrikaans eintlik nie die woord huidig het nie, maar slegs huidige; dit is slegs ’n attri­butiewe byvoeglike naamwoord, die huidige omstandighede. Ondanks *huidiglik se oorlewings­vermoë is dit iets wat Afrikaans werk­lik nie nodig het nie; daar is talle bywoorde of bywoordelike frases wat gebruik kan word en deur *huidiglik verdring word, byvoorbeeld teenswoordigtansdeesdaeop die oombliknou.

*Huidiglik is NIE ’n deftige of hoëregisterwoord nie en behoort steeds vermy te word.

Bron: HAT Taalgids

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tienie ·

Ek is HUIDIGLIK so uit die veld geslaan dat ek beslis in die toekoms die woord huidiglik meer sal nuttig sodat ou HAT die woord vir my kan opneem in hulle boeke.

Ek moet sê. Dit is ‘n woord wat ek daagliks gebruik.

Nefie. Kom ons gebruik die woord en klaar.

Jan Seerot ·

Praat Afrikaans, regte Afrikaans. Dis maklik, verspot maklik.

Stof ·

‘n Interresante variasie wat ook dikwels in gebruik is, is “op hede”. Een van ons kosbare Vlaamse taalerfenisse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.