Dis vir enigeen moeilik om kop te hou met ʼn tweede (of derde of vierde of …) taal. Leerders wat Afrikaans Eerste of Tweede Addisionele Taal aanleer, val dikwels vas met woorde wat baie na aan mekaar lê en moeilik vertaal. Moedertaalsprekers weet instinktief wanneer om die een te gebruik en wanneer die ander reg is, maar die oomblik as ʼn mens die onderskeid tussen die twee moet verduidelik, besef jy waarom hulle sukkel – die betekenis is soms so verstrengel en die onderskeid so fyn dat dit werklik kophou kos om die verskillende gebruikstoepassings duidelik te maak.
Hierdie lys bevat ʼn paar sulke strikke. Stuur gerus vir ons wenke as jy nog sulkes teëkom sodat ons dit in ons databasis kan opneem en kan help om die verwarring op te los.
VivA-groete
Sophia
Uitstekend, baie dankie.
Afrikaans is groot!
Pure pret Sophia, pure pret!
Altyd puik!
Wonder net oor “sinloos” en “sinneloos” se voorbeeldsinne?
Dis m.i. “sinneloos” om die vloere te was terwyl die honde deur die huis hardloop.
Die lewe het “sinloos” geraak.
Therese niemand se lewe is sinloos nie. Mense doen sinnelose dinge
Goed uitgelegd en wat merk je dat Afrikaans van het Hollands afstamt.
Hollander,
Lees weer wat “sinloos” beteken, dan sal jy sien die voorbeeldsin, en jy, is verkeerd.