Wanneer gebruik mens “drumpel” of “drempel”?

'n Bruidegom dra sy nuwe bruid oor die drumpel van die huis.

‘n Bruidegom dra sy nuwe bruid oor die drumpel van die huis.

‘n Paar woorde in Afrikaans laat gebruikers soms struikel. Twee van dié woorde is “drumpel” en “drempel”.

‘n “Drumpel” is letterlik die dwarsstuk aan die onderkant van ‘n kosyn; dit word figuurlik gebruik in die betekenis van “aan die vooraand”: Ons staan op die drumpel van ‘n nuwe era.

Drempel (ietwat verouderd) word hoofsaaklik figuurlik gebruik; ook: pyndrempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.