Die Taalkommissie het Dinsdag bekend gemaak dat hulle vier nuwe lede aangestel het.
“Ons sien uit na die bydraes wat hulle gaan lewer tot Afrikaans en wens hulle sterkte toe vir die driejaartermyn wat voorlê,” het Gerhard van Huyssteen, waarnemende voorsitter van die kommissie, gesê.
Die volgende lede is bekend gestel:
– Sophia Kapp (taalpraktisyn in Pretoria)
– Phillip Louw (leksikograaf by Oxford University Press)
– Jana Luther (leksikograaf by Pearson SA)
– Marné Pienaar (taalkundige aan die Universiteit van Johannesburg)
Die res van die Taalkommissie bestaan uit:
– Herman Beyer (taalkundige aan die Universiteit van Namibië)
– Frank Hendrickse (taalkundige aan die Universiteit van Wes-Kaapland)
– Frikkie Lombard (eindredakteur van die WAT) (waarnemende ondervoorsitter)
– Suléne Pilon (taalkundige aan die Universiteit van Pretoria) (sekretaris)
– Gerhard van Huyssteen (taalkundige aan die Noordwes-Universiteit) (waarnemende voorsitter)
Nuwe ampsdraers sal tydens die Oktobersitting in Wellington verkies word.
Klik hier om by die Taalkommissie se Facebook-blad aan te sluit.