Taalkundige tree uit as SA Akademie-hoof

prof-anne-marie-beukes-sa-akademie-vir-wetenskap-en-kuns

Prof. Anne-Marie Beukes. Foto: Verskaf.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) het Dinsdag prof. Anne-Marie Beukes se uittrede as uitvoerende hoof van die organisasie aangekondig.

“Die Akademieraad het die hoogste waardering vir die onbaatsugtige manier waarop prof. Beukes die Akademie met onderskeiding vir bykans twee termyne gedien het,” sê prof. Ilse Feinauer, voorsitter van die organisasie.

Beukes het sedert 2019 in dié rol gestaan nadat sy die leisels by die historikus dr. Dioné Prinsloo oorgeneem het.

Beukes het ʼn doktorsgraad in toegepaste linguistiek. Haar loopbaan sluit leierskapsrolle in strategiese projekte van die Departement Kuns en Kultuur, die Nasionale Tesourie en die Raad op Hoër Onderwys in.

Sy is ʼn voormalige voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, die Universiteit van Johannesburg se departement linguistiek, en sy het vir nege jaar op die Wêreldraad van Vertalers (Fédération Internationale des Traducteurs) gedien, waarvan drie as visepresident.

Beukes het ook ʼn sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van ʼn taalbeleid en -plan vir Suid-Afrika gedurende die eerste demokratiese dekade.

Dr. Linda Brink sal tydelik waarneem totdat ʼn nuwe aanstelling binne die volgende drie maande gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.