1 Augustus 2011

Het jy geweet?
Die verskil tussen die meervoudsvorme manne en mans is nie presies af te baken nie. Normaalweg dui mans die neutrale gebruik aan: Hulle mans het hulle verlaat. Hoeveel mans was daar op die partytjie? Manne daarenteen wys op iets soos manskappe, soldate, dapper mans. Dit is wat mens van manne verwag. Stel jou manne in gelid op. Kom manne, laat ons optrek. Dit is egter geen absolute onderskeiding nie, bv. Laat die manne ʼn slag praat. Net mans mag gaan veg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.