11 Oktober 2011

Idioom:
Ek sien jou liewer op Bloksberg sit voor ek dit doen
Betekenis:
Ek weier om dit te doen. Vlieg na die duiwel.
Waar kom dit vandaan?
Dié Bloksberg bestaan werklik. Die uitdrukking het te make met Walpurgisnag. Dit is die aand voor Europese Meidag, wanneer al die hekse in die wêreld op sekere hoë plekke op aarde feesvier onder leiding van die duiwel, veral op die Brocken, die hoogste punt van die Harzberge in Duitsland. Hierdie spits staan in Afrikaans bekend as die Bloksberg. Om iemand soontoe te verwens is dus om hom in die middel van die hekse te wil hê – en dit kan kwalik ʼn rooskleurige toekoms voorspel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.