17 Augustus 2011

Idioom:
Iemand beduie hoeveel blou boontjies vyf is
Betekenis:
Iemand berispe
Waar kom dit vandaan?
Blou boontjies het reeds in Nederlands die betekenis van “koeëls” gehad as gevolg van die blouerige kleur van die lood. Om iemand dus blou boontjies te wys, is om hom dreigend koeëls te wys. Die vyf verwys na die ou gebruik om boontjies te gebruik as ʼn hulpmiddel wanneer dinge getel moes word. Die boontjies is dan in vywe eenkant toe geskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.