19 September 2011

Wat is jou mening oor die gebruik van Afrikaans in rekenaarterminologie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan Lombaard ·

Ek dink nie daar bestaan ‘n reël wat maklik hier toegepas kan word nie. ‘n Mens moet maar jou kop gebruik, en as daar nie ‘n ordentlike Afrikaanse term bestaan nie, moet jy eerder die Engelse term gebruik as om iets te skep wat belaglik klink.
‘n Afrikaanse boek wat ons op skool vir rekenaarstudie gebruik het, het die term KLOSLAG bevat. Dit staan vir “Kompakte laser optiese skyf leesalleen geheue”, beter bekend as ‘n CD-ROM. In my opinie is dit ‘n belaglike term. Almal weet wat ‘n CD-ROM is, en dit word algemeen in die volksmond gebruik.

Kobus Bezuidenhout ·

Dis jammer, maar sommige Afrikaanse rekenaarterme klink geforseerd en onnatuurlik. Indien jy die Afrikaanse term ken en jou geselskap jou verstaan, gebruik dit.

In meeste gevalle is dit egter die geval dat niemand gaan weet wat jy bedoel nie.

Anoniem ·

Jy kan altyd ‘n alternatiewe term skep vir die geforseerde een.

Diegene wat nie die Afrikaanse term verstaan nie, behoort opgevoed te word.

Uiteindelik gaan dit oor lojaliteit tot ‘n taal en bereidwilligheid om daardie taal uit te bou met nuutskeppinge, eerder as om alewig net die Engelse woorde te wil leen.

Louis du Plessis ·

1  Johan en Kobus maak elkeen ‘n geldige punt: Die doel van praat en skryf is dat mense jou sal verstaan.  So, in Suid-Afrika se Engelse sakewêreld, neem dit soms ‘n hele tyd vir Afrikaanse rekenaarterme om bekend te word. 

2  Omdat ek en my vriende graag Afrikaanse terme wil populariseer, gebruik ons dit waar ook al moontlik.  So, sommige van ons praat dus deesdae ALTYD van byvoorbeeld:  webwerf (website), ikoon (icon), skermrus (screen saver), bêre (save), en flitsskyf (memory stick / flash disc). 

3  Ek het gevind:  Die kans is veel beter vir ‘n term om gebruik te word, as hy korter is as die Engelse een, met ander woorde, minder lettergrepe het.  

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.