Idioom:
Iets is agter die drilsaal
Betekenis:
Dinge is nog aan die gebeur en die uitkoms is onseker
Waar kom dit vandaan?
Die kommentator en die toeskouers by die July Handicap-perdewedren het altyd in spanning gewag as die perde agter die drilsaal verdwyn, want dit is ʼn taamlike lang ent waar ʼn mens niks van die wedren kan sien nie. As die perde weer te voorskyn kom, kan hulle posisies heel anders wees as vroeër.
Maroela Media is verseker nie agter die drilsaal nie, want hier WEET ons IS dinge aan die gebeur!!