22 Oktober 2011

Idioom:
ʼn Geslote boek
Betekenis:
Iets wat mens nie verstaan nie. Iemand wat nie sy gevoelens wys nie.
Waar kom dit vandaan?
As ʼn boek gesluit is, weet jy nie wat daarin staan nie en is die inhoud dus vreemd. Die beeld is een van ou boeke wat met swaar koperslotte (of, in die geval van Bybels en kerkboeke, slotte van goud of silwer) gesluit is. Die uitdrukking is moontlik ook ontleen aan die Bybel (Op. 5:1) wat melding maak van die boek wat met sewe seëls verseël is, waarvan ʼn mens niks begryp nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.