27 Julie 2011

Het jy geweet?
Daar word dikwels gewaarsku teen die gebruik van mag in plaas van kan as sou mag ʼn oorname van Engels may wees; daar is ook verskil oor die gebruik van kan in plaas van mag as daar toestemming gevra of gegee word. Uit ʼn wye optekening van die taalgebruik van standaardtaalsprekers van Afrikaans wil dit voorkom asof kan en mag in ʼn hoë mate deurmekaar loop en voorskrifte moeilik te gee is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

Ek sien die verskil ‘n bietjie eenvoudiger. Wanneer jy “mag” gebruik dui dit daarop dat jy toestemming moet verkry om iets te “kan” doen. “Kan” dui vir my op die vermoë om iets te kan doen. bv. Ek kan iets by iemand steel, maar ek mag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.