24 Augustus 2011

Idioom:
ʼn Bloukous wees
Betekenis:
ʼn Geleerde vrou wat nie veel trek aan huishoudelike sake het nie
Waar kom dit vandaan?
In die 15de eeu was daar al ʼn Bloukousvereniging vir vroue in Venesië, maar sonder die blou kouse. Die idee van die vereniging en hulle embleem is teen die einde van die volgende eeu deur vroue in Parys aangeneem. Engelse dames het eers teen die middel van die 18de eeu dié voorbeeld gevolg en het in die huis van Elizabeth Montagu byeengekom. Hulle was ʼn groep geleerde vroue wat oor die jongste boeke en gedigte gepraat en ʼn veldtog beplan het vir groter regte vir hulle geslag – in plaas daarvan om kaart te speel en klere reg te maak. Die groepie geleerdes van dié tyd was die voorlopers met die mode en is die “bloukouse” genoem. Dit was eintlik die kleur van die kouse van ʼn sekere mnr. Benjamin Stillingfleet wat as eksentriek beskou is. Die dames het dit later nagevolg. Die idee van verhewenheid, afsydigheid en eksklusiwiteit het eers later by die publiek posgevat. Die groep het hulle naam te danke aan admiraal Edward Boscawen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.