28 Augustus 2011

Idioom:
Van Skilla in Charibdis verval.
Betekenis:
Van die een gevaar in die ander kom.
Waar kom dit vandaan?
Oorspronklik ontleen aan die klassieke Griekse mitologie: dit verwys na die veranderlike water naby die Straat van Messina, tussen Sicilië en Italië. Die skepe van Odusseus moes daardeur vaar. Aan die een kant was daar die gevreesde seemonster, Skilla, wat met haar ses koppe uit haar grot kon reik en ses bemanningslede op ʼn slag van die bote af kon pluk. Aan die ander kant was daar die vreesaanjaende krans waarop ʼn ander monster, Charibdis, geleef het. Dié monster het die see drie keer per dag ingesuig en dan in ʼn massiewe maalstroom uitgeblaas – wat die skepe en hulle bemanning laat vergaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.