28 Julie 2011

Idioom:
Die eerste gewin is kattegespin
Betekenis:
Wat ʼn nuweling in ʼn spel wen, word gewoonlik weer later verloor.
Waar kom dit vandaan?
Kattegespin is moontlik net vir die rym gebruik, maar daar is twee ander moontlike verklarings. Die gespin van ʼn kat bring niks voort nie en is dus waardeloos, soos die eerste wengeld van die nuweling. Die ander moontlikheid is dat kattegespin hier aan katteliefde gelyk gestel word. Dit is ʼn valse liefde, want ʼn kat sal een oomblik nog spin en dan skielik die hand van sy eienaar krap. By uitbreiding is dit dus valse gewin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.