3 Augustus 2011

Idioom:
Lood swaai
Betekenis:
Jou plig versuim of probeer ontduik, veral van werk gesê
Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking kom uit die dae voordat sonar gebruik is om die diepte onder die kiel van ʼn skip te bepaal. ʼn Matroos het voor naby die boeg gestaan en moes dan onder die vaart ʼn tou met ʼn stuk lood daaraan (sowat 20kg) in die water laat val tot op die bodem van die see, dit dan ophys en die diepte uitskree. Die tou het skynbaar ook gekleurde merkers gehad (so elke vaam of wat uitmekaar) waardeur die diepte bepaal kon word. Dit was ʼn moeilike taak om die lood telkens uit die diepte op te haal – en dan het die matroos daar voor die lood geswaai sonder om dit te laat sink. Dit het die indruk by die manne agtertoe geskep dat hy sy werk doen – terwyl hy eintlik staan en rus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.