4 Augustus 2011

Het jy geweet?
Die uitdrukking die man in die straat is ʼn Anglisisme. In suiwer Afrikaans word die gewone mens of Jan Alleman eerder gebruik. Die Anglisistiese vorm is egter al so ingeburger dat dit heel algemeen in die Afrikaans van standaardtaalsprekers voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John Brandow ·

Die gewone Afrikaanssprekende voel redelik vere vir Anglisismes.  Ek is beslis nie ‘n taalpuris nie en gebruik ewe gemaklik as dit my pas selfs Engelse woorde as die Afrikaanse woord nie dadelik beskikbaar is nie. Partymaal is die Anglisme en/of Engelse woord eenvoudig mooier om te gebruik.  Ja, ek weet die hare staan regop op somiges se nekke, maar soos ek se – vat dit of los dit, dis hoe dit is !

Anoniem ·

Johan ek stem half saam en half nie. Ek voel dat wanneer ‘n anglisisme die lig sien is daar ‘n leemte in die taal wat gevul word met ‘n woord wat dit beskryf (selfs al is dit meestal direk vertaal). Is dit nie hoe ‘n taal groei nie? Afrikaans is ‘n baie jong taal en groei is onafwendbaar (en hier kom die stukkie waarmee ek verskil) daarom is dit noodsaaklik dat ons Afrikaanse woorde kry om goed te beslryf en juis nie Engelse woorde gebruik nie….

Anoniem ·

Neewat Johan – anglisismes “klink” dalk lekker en “mooier” soos jy sou sê, maar as ons gaan rondgrou in ons eie taal is daar ‘n skatkis van beter spreekwoorde en woorde. Het ons nie maar eenvoudig net te lui geword om die regte Afrikaanse woord te gebruik nie? 

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.