7 Oktober 2011

Idioom:
Blou bloed hê
Betekenis:
Van hoë afkoms wees
Waar kom dit vandaan?
Iemand wat “blou bloed” het, word beskou as ʼn lid van die adel of van koninklike afkoms. Oorspronklik is dit net gesê van die Spaanse adel (met ligte velle) wat geen Moorse bloed in hulle gehad het nie. Die uitdrukking kom daarvandaan dat mense met ligte velle se are blou vertoon onder die vel – soos wat die Spanjaarde s’n inderdaad was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.